|
"Alles in die
Verloop
van
Diensplig"
Mev Nel is ‘n
pensionaris wat op ons stadsroete bly. Sy is netjies en ordelik, vriendelik
en altyd baie dankbaar vir die hulp wat sy ontvang. Mev Nel het ‘n massiewe
skildkliervergroting wat baie ongemak veroorsaak. Verlede week het sy nie
baie goed gevoel nie en daarom het sy ‘n vriendin gevra om kontant uit haar
rekening te trek by die plaaslike OTM. ‘n Klein rukkie later het die
vriendin teruggekeer met die nuus dat daar nie geld in haar rekening was nie.
Mev Nel het die bank gebel en hulle het bevestig dat haar ‘vriendin’ haar
hele pensioen getrek het. Hierdie goeie vriendin het intussen verdwyn. (Verslag
van Magnoliahaven Dienssentrum)
Ons verskaf etes aan ‘n
enkel-ma op ons Sunnyside roete. Onlangs het die Staatswelsyn gedreig om haar
baba van drie weke in hulle sorg te neem aangesien sy geen finansiёle middele
gehad het om na haarself en die kind om te sien nie. Hierdie jong mamma kon nie
die moontlikheid dat sy haar baba kan verloor, in die gesig staar nie. Sy het
‘n pleidooi aan Mobiele Etes gerig vir hulp. Sy was onmiddelik op ons
afleweringsskedule geplaas en die span vrywilligers het gou ‘n goeie voorraad
klere, toiletware, weggooidoeke en kombersies vir die baba bymekaargemaak. ‘n
Vertoё is gerig tot die Staatswelsyn Departement en hulle het ingestem dat
hierdie jong moeder toesig oor haar baba kon behou. Die vader van die baba het
ook intussen ingestem om maandelikse ondersteuning te voorsien. (Verslag van
Eileen Els – Pretoria)
Mev K. het nooit etes van
Mobiele Etes ontvang nie, maar sy het gebruik gemaak van die gratis vervoerdiens.
Elke week sou ons bestuurder haar hospital toe vervoer en dan weer terugneem
huistoe. Verlede week het die bestuurder opgemerk dat Mev K. baie onvas op haar
voete was. In plaas daarvan om haar terug te neem huistoe, het hy haar na die
Mobiele Etes Dienssentrum gebring waar die verpleegpersoneel aan diens was.
Hulle het ontdek dat Mev K baie erenstig ondervoed was. Behalwe dit, het haar
verhouding met haar seun ook baie spanning veroorsaak. Ons het Mev K. ooreed om
aansoek te doen vir ‘n pensionaris – woonstel. Die aansoek was suksesvol en die
Mobiele Etes vrywillige helpers het haar bygestaan om haar besittings te vervoer.
Ons lewer nou, op ‘n gereelde basis, warm, voedsame etes by haar huis af en is
in ons skik om te laat weet dat sy nou ‘n heel ander mens is. Haar gesondheid
het grootliks verbeter en selfs die verhouding met haar seun is stukke beter. (
Verslag van Brooklyn Dienssentrum )
Oppad werk toe het my vrou (
Dienssentrum direkteur van Kimberley ) ‘n ou man, Piet, opgelaai. Hy het net
een been gehad en het met ‘n ou gehawende kruk aangesukkel. Hy het vertel dat
hy oppad was om sy pensioen to gaan haal en daarna sy medisyne by die hospitaal.
My vrou het hom gevra waar hy woon en hy het geantwoord: “Op my plaas.” Nadat
hy al sy sake afgehandel het, en nadat my vrou ‘n paar splinternuwe krukke vir
hom georganiseer het, was dit my voorreg om hom terug te neem na sy huis toe.
Sy ‘plaas’ was toe al die tyd ‘n groot boom in ‘n oop veld. Vir bykans ‘n jaar
het ons vir Piet etes op sy ‘plaas’ afgelewer. Uiteindelik was ons in staat om
hom met sy suster te herenig wat ingestem het om hom by haar aan huis te neem.
TAK
NUUS
Moorreesburg tak: Dit gee ons
groot vreugde om die Moorreesburg tak by die Mobiele Etes – gesin to verwelkom.
Hierdie tak bestaan nog net vir ‘n klein tydjie, maar hulle het alreeds ‘n groot
taak verrig. Hulle doel vir 2006/2007 was om 15 000 etes en voedselpakkies uit
te deel asook R12 000 se klerasie. Hulle het dit reggekry om 15 307 etes en
voedselpakkies uit te deel en maar as R30 000 se klerasie. Wel gedaan, span!
Hierdie tak het nie ‘n Mobiele Etes voertuig nie en alle etes word met privaat
motors afgelewer. ( Donasies vir ‘n nuwe of gebruikte voertuig sal met
dankbaarheid ontvang word.) Ons vertrou dat hierdie tak spoedig ‘n meer
geskikte lokaal sal vind. (Verslag van Bertus Brand)
George Mobiele Etes:
Hierdie tak wil graag ‘n spesiale woord van dank aan die inwoners van George rig
vir hulle oorweldigende ondersteuning. Spesiale dank gaan ook aan die plaaslike
vulstasies wat al die brandstof skenk wat nodig is om Mobiele Etes in die dorp
te bedryf. Hierdie tak hat ‘n dringende behoefte vir ‘n groter stoof. Is daar
iemand wat kan help? ( Verslag van Mev Fourie )
Kimberley Mobiele Etes:
By Diakim diensentrum het ons te hore gekom van ‘n jong VIGS-lyer wat besig was
om te sterf van honger en glad nie kon loop nie. Hy het as ‘n uitgeworpene in
‘n plakkerhuis gewoon. Ons het dadelik gereёl om etes by hom af te lewer.
Binne 2 weke was hy op en aan die gang en het baie beter en sterker gevoel. Hy
het nog ‘n jaar en ‘n half geleef voordat hy gesterf het. Diakim dienssentrum
het die begrafnisreёlings getref, ‘n begrotings begrafnis voorsien en ook die
spyseniering vir vriende en familie verskaf.
IN LIGTE LUIM
KINDERWYSHEID
☼ Toe die negejarige Mike
gevra is wat meeste mense op hul eerste afspraak doen, het hy gesê: “Met die
eerste afspraak vertel hulle soveel leuens aan mekaar dat dit hulle genoeg
interesseer sodat hulle ‘n volgende afspraak maak.”
☼ Die agtjarige Kathy is
gevra wanneer dit gepas is om iemand te soen. Sy het só gereageer: “Moet nooit
voor ander mense soen nie. Jy sal erg in die verleentheid wees as iemand jou
sien. Maar as niemand jou sien nie, sal ek dalk gewillig wees om dit met ‘n
aantreklike seun te probeer, maar net vir ‘n paar uur.”
☼ Toe hy gevra is of dit
beter is om enkel of getroud te wees, het die sewejarige Kenny geantwoord: “Dit
gee my ‘n kopseer om aan sulke goed te dink. Ek’s net ‘n kind. Ek het nie dié
tipe moeilikheid nodig nie.”
☼ Toe hy gevra is waarom
mense verlief raak, het die negejarige Jan geantwoord: “Niemand is seker
waarom dit gebeur nie, maar ek het gehoor dit het iets te doen met hoe jy ruik.
Dis waarom parfuum en reukwaters so gewild is.”
ALZHEIMER'S OP SY BESTE
‘n Bejaarde egpaar het
aandete genuttig by ‘n ander egpaar se huis. Na ete het die dames die tafel
verlaat en kombuis toe gegaan. Die twee mans het gesels en die een
sê:”Gisteraand het ons gaan eet by ‘n nuwe restaurant en dit baie geniet. Ek
kan dit beslis aanbeveel.” Die ander man sê: “Wat is die naam van die
restaurant?”
Die eerste man het gedink
en gedink en toe sê hy: “Wat is die naam van die blom wat mens vir
iemand gee wat jy liefhet? Jy weet … die rooi een met die dorings?”
“Jy dink seker aan ‘n roos.”
“Ja, dis die een,” antwoord
die man. Hy draai toe na die kombuis en roep, “Rose, wat is die naam van die
restaurant waar ons gisteraand geёet het?”
DIE GEHOORSTEL
‘n Bejaarde man het reeds
vir ‘n aantal jare ‘n ernstige gehoorprobleem gehad. Hy gaan toe na die dokter
en laasgenoemde help hom om ‘n gehoorstel te kry wat hom in staat stel om ‘n
byna ‘n honderd persent te hoor. ‘n Maand later keer die bejaarde man weer na
die dokter toe en die dokter sê: “Jou gehoor is perfek. Jou familie moet regtig
bly wees dat jy weer kan hoor.”
Die bejaarde man antwoord:
“O, ek het nog nie vir hulle gesê nie. Ek sit maar net daar rond en luister na
hulle gesprekke. Ek het my testament al drie maal verander!”
NAGMAAL OP DIE VUILGOEDHOOP
Die vrywillige helpers in
Kimberley bring gereeld etes na die + - 150 mense wat by die stad se vullisgate
bly. Een dag, terwyl ons die vullisgate nader, hoor ons een van die manne skree
so hard as hy kon – “Manne, hier kom ons nagmaal!”
FLOUS DIE TANDEMUIS
Terwyl ek vir ‘n
organisasie gewerk het wat etes vir bejaardes afgelewer het, het ek gereeld my
vierjarige dogtertjie saamgeneem. Sy was altyd geboei deur die verskillende
hulpmiddels wat deur bejaardes gebruik word, veral die kieries, loopringe en
rolstoele. Eendag, terwyl ons ‘n bedlêende pensionaris besoek het, het ek haar
betrap waar sy staar na ‘n stel valstande wat week in ‘n glas water. Buite het
ek my gestaal teen die onvermydelike bombardement van vrae. Sy het egter net na
my gedraai en gefluister, “Die tandemuis sal dit nooit glo nie!”
Merkwaardige Pittighede:
-
Die swakkeling kan nie vergewe
nie. Vergifnis is ‘n eienskap van die vasberade. (Mahatma Ghandi)
-
Die beoefening van vergifnis is
ons belangrikste bydrae tot die genesing van die wêreld. (Marianne
Williamson)
-
Bekommernis is soos ‘n
wiegstoel. Dit gee jou iets om te doen, maar dit bring jou nêrens. (Glenn
Turner)
GESONDHEIDSWENKE:
Neusbloei: Voeg ‘n bietjie
sout of suurlemoensap by koue water en snuif liggies in die neus.
Hikbuie: Hou jou asem so
lank as moontlik op en sluk elke keer as dit voel of jy wil hik. Doen dit 2 -3
maal. Haal dan diep asem en begin weer.
Sonbrand: Masseer aalwyn
salf (aloe vera) of teeboom olie aan die vel wat gebrand het.
(Inligting met vriendelike
vergunning van ‘Natural Remedies’ Ensiklopedie)
DANKIE AAN ALMAL
Ons opregte dank aan elkeen
van ons ondersteuners. Julle het julleself weereens hierdie jaar oortref –
dienslewering, ons uitbreiding na nuwe gebiede en ons vermoё om meer en meer
mense, bo en behalwe die bejaardes, te help.
Vir die derde opeenvolgende jaar
het ‘Flight Centre’ ‘n wonderlike bedrag van R48 000 in die vorm van Pick ‘n Pay
geskenk bywyse aan Mobiele Etes geskenk. Hierdie geskenkbewyse was verdeel
tussen die Mobiele Etes takke.
‘n Groot dankie aan al die
‘Curves’ gymnasiums wat vragte nie-bederfbare voedsel aan Mobiele Etes geskenk
het.
DANKIE
DANKIE DANKIE
WAARNEMING
deur George Carlin
Die paradoks van ons tyd in die
geskiedenis is dat ons hoёr geboue het, maar korter humeure, breёr snelweё, maar
enger sienswyses. Ons spandeer meer maar het minder, ons koop meer, maar geniet
minder. Ons het groter huise, maar kleiner gesinne, meer geriewe, maar minder
tyd. Ons het meer grade, maar minder begrip, meer kennis, maar minder oordeel,
meer deskundiges, maar tog meer probleme, meer medisyne, maar minder gesondheid.
Ons drink te veel, rook te veel,
spandeer te roekeloos, lag te min, ry te vinnig, word te kwaad, bly te laat
wakker, staan te moeg op, lees te min, kyk te veel TV en bid te min. Ons het ons
besittings verdubbel, maar ons waardes verlaag. Ons praat te veel, het te min
lief en haat te dikwels.
Ons het geleer om ‘n bestaan te
maak, maar nie om te lewe nie. Ons het jare by ons lewens gevoeg, maar nie lewe
by ons jare nie. Ons is al die pad maan toe en terug, maar vind dit moeilik om
oor die straat te stap om ‘n nuwe buurman te ontmoet. Ons het die buitenste
ruim verower, maar die die innerlike ruimte nie. Ons het groter dinge gedoen,
maar nie beter dinge nie.
Ons het die lug gesuiwer, maar
die siel besoedel. Ons het die atoom verower, maar nie ons vooroordeel nie. Ons
skryf meer, maar leer minder. Ons beplan meer, maar verrig minder. Ons het
geleer om te jaag, maar nie om te wag nie. Ons bou meer rekenaars om meer
inligting te behou, om meer afskrifte as ooit te vervaardig, maar ons
kommunikeer minder en minder.
Hierdie
is die tyd van kitskos en stadige vertering, groot manne en klein karakters,
skerp stygings en vlak verhoudings.Hierdie is die dae van twee inkomstes, maar
meer egskeidings, luukse wonings, maar gebroke huise. Hierdie is dae van
vinnige reise, weggooi doeke, weggooi moraliteit, losse verhoudings, oorgewig
liggame, en pille wat alles kan doen van opbeur tot stilmaak tot doodmaak. Dis
‘n tyd wanneer daar baie in die vertoonkamervenster is, maar niks in die
voorraadkamer nie. ‘n Tyd wanneer tegnologie hierdie brief aan jou kan bring,
en ‘n tyd dat jy kan kies om dit met iemand te deel of dit bloot te ignoreer…
Onthou, bring tyd deur saam
met jou geliefdes, want hulle gaan nie vir altyd daar wees nie. Onthou, deel ‘n
vriendelike woord met iemand wat met ontsag na jou opsien, want daardie klein
mensie sal gou groot word en jou sy verlaat. Onthou, gee ‘n warm drukkie aan
die persoon langs jou, want dit is die enigste skat wat jy met jou hart kan gee
en dit kos nie ‘n sent nie.
Onthou om vir jou metgesel en
jou geliefdes te sê: “Ek is lief vir jou”, maar bowenal, om dit te bedoel. ‘n
Kus en ‘n omhelsing sal die seer wegneem indien dit diep uit jou hart kom.
Onthou om hande vas te hou en die oomblik te koester, want eendag gaan daardie
persoon nie meer daar wees nie.
Neem tyd om lief te hê, neem tyd
om te gesels. En neem tyd om jou kosbaarste gedagtes te deel.
|